Demografie van die Verenigde Koninkryk

Nagtelike Nasa-Satellietbeeld van die Britse Eilande

In 2001 was die bevolking van die Verenigde Koninkryk 58 789 194, maar in 2008 was dit na raming tussen 60 en 62 miljoen. Die Verenigde Koninkryk het die derde grootste bevolking in die Europese Unie (naas Duitsland met 82 miljoen en Frankryk met 63 miljoen inwoners), en ook die een en twintigste grootste bevolking ter wêreld. Die land het die derde grootste bevolkingsdigtheid in die E.U. (naas Nederland en België). Dat Frankryk se bevolking amper dieselfde as dié van die V.K. is, maar sy grondgebied twee keer groter, gee 'n aanduiding van presies hoe dig bevolk die land is. Ook wat rassesamestelling betref, onderskei die V.K. hom in dié opsig van die res van die Unie deurdat ruim 92,1% van die bevolking blank is, oftewel 85% blanke Britte. Die bevolking word, net soos in die res van Europa, deur toenemende veroudering gekenmerk. Intussen is sowat 15 persent van die bevolking ouer as 65 jaar.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search